Ons het besluit, wat nou?
Ek het die term “LSD” al onder die Suid Afrikaanse gemeenskap gehoor.. “Look, See, Decide”. As jy die besluit geneem het, maar jy het nog nie kom kyk hoe die land lyk nie, stel ek voor dat jy en jou familie op die volgende vliegtuig klim, en kom kyk hoe die land lyk. Jy kan maklik met ander Suid Afrikaners in Australië op vang, en hulle kan jou bietjie rond wys na die woonbuurte, skole, werk, en so aan.
Ek weet dit kan ‘n duur affêre uitwerk, maar ek het ook al gehoor van families wat oorkom, en dan so ongelukkig is dat hulle skaars 6 maande of ‘n jaar hou, en dan terug gaan Suid Afrika toe. Nou om later weer terug te trek is baie duurder as om net eers oor te kom vir ‘n week of twee en te kom kyk.
Recent Comments