Papierwerk
Nog voordat jy ‘n afspraak maak by die Australiese Ambasade in Pretoria, kry jou papier werk reg. Dit is nie moeilik om uit te werk wat jy alles kort nie, en die vorms op die verskeie immigrasie websites sal jou ‘n goeie aanduiding gee van wat jy alles benodig. Indien jy dit nie het nie, kry solank paspoorte vir almal, volle geboorte sertifikate, trou en egskeiding sertifikate, diplomas, en enige professionele sertifikasie. As daar kinders by is uit vorige huwelike, kry al die nodige aannemings papierwerk, sowel as enige hofbevel dokumentasie wat custody aan wys.
Enige dokumentasie wat in Afrikaans is, sal in Engels vertaal moet word. Daar is ‘n klomp geregistreerde vertalers beskikbaar wat die dokumentasie sal vertaal vir ‘n minimale bedrag. Dit sal gedoen moet word voordat jou aansoek in gedien word.
Jy sal ook polisie clearance moet kry. Dit vat ‘n paar weke en kan by meeste polisie kantore gedoen word.
Recent Comments