Wat is ‘n 457 visa?
Die 457 visa staan bekend as die employer sponsored visa. Wat dit beteken is dat jy reeds ‘n werk in Australie gekry het, en dat jou werkgewer bereid is om jou te borg om oor te kom. Alhoewel dit die maklikste manier is om in Australie in te kom, is die proses om ‘n werk oorsee te kry nie so maklik nie.
Die 457 visa staan ook bekend as die temporary residence visa. Hulle is gewoonlik vir 4 jaar geldig, so aan die einde van 4 jaar moet jy either aansoek doen vir permanent residency, of jou visa hernu, of jy moet jou goedjies pak en terug gaan Suid Afrika toe.
Die 457 visa aansoek vat gewoonlik 4 to 8 weke.
Daar is natuurlik nadele ook. Op 457, het jy nie staats medies nie, en jou kinders se skoolgeld moet self betaal word. Vir medies kan jy kyk na omtrent $300 p/m vir ‘n familie, en vir die skool geld kan dit rondom $5000 per jaar wees per kind. Jy kan ook nie sommer net van werk verander nie. Omdat jy op 457 is, moet die volgende werkgewer eers bereid wees om jou borg oor te vat, en jy moet aansoek doen my die departement van immigrasie voordat jy van werk kan verander. Dis die hele rede vir 457 – om maatskappye te help om werkers met die regte kennis in te kry.
Wanneer jy wel vir ‘n werk aansoek doen, en jy besig is om die voorwaardes vir die 457 te bespreek, maak seker jy vra hulle of hulle jou sal borg vir permament residency. Meeste maatskappye sal nie ‘n probleem daarmee he nie, en mag dalk vra dat jy ‘n jaar of twee langer by hulle werk.
Recent Comments